SPREEK LEWE
- 2 minutes read - 219 wordsJakobus 3:1-12
Soms is ons onbewus daarvan dat ons dood en siekte spreek oor onsself. Baie van ons afrikaanse uitdrukkings spreek dood.
• Doodlag
• Liewer dood as uit die mode
• Siek en sat oor ‘n situasie, selfs deur te sê jy is moeg vir ‘n situasie is negatief, want jy verklaar dat jy moeg is (Job 22:18).
• Doodgoed en goed dood
Luister na jou woorde en bou jouself en ander op daarmee.
“Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.”
SPREUKE 12:18 AFR53
“Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.”
SPREUKE 18:21 AFR53
“As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.”
JAKOBUS 1:26 AFR53
“Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.”
I PETRUS 3:10 AFR53
“Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.”
EFÉSIËRS 4:29 AFR53