STERK BENE
Janine Forsyth
- 3 minutes read - 619 wordsBaie mense sukkel met rug-, knie- en heuppyn. Jesus bring genesing en Hy is die Woord wat lewe bring. Daar is egter dinge waarna ons ook kan kyk. Woorde en gedagtes kan jou siek maak. Ons moet lewe oor onsself en oor ander mense spreek. In Eségiël 37 moes die profeet lewe spreek oor die droë bene van die huis van Israel. Wanneer iemand jou te nakom moet jy vergewe en vergeet. Die dissipels moes die stof van hul skoene afskud. Hulle kon nie die verwerping deur mense met hul saamdra nie. Wanneer dit met jou siel goedgaan sal jy ook gesond wees. Heilige Gees wil vrede in jou hart bring. Jesus bring nie siekte nie; Hy bring lewe in oorvloed. God se woorde is medisyne vir ons liggaam en versterk ons gebeente. Dink aan Sy Woord dag en nag.
“Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad; dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.”
SPREUKE 3:5-8 AFR53
“My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
SPREUKE 4:20-23 AFR53
“'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog (“envy” - jaloesie/gebrek aan vrede) 'n verrotting vir die gebeente.”
SPREUKE 14:30 AFR53
Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.”
SPREUKE 16:24 AFR53
“'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees (gebroke gees of gebroke hart) laat die gebeente uitdroog.”
SPREUKE 17:22 AFR53
“WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.”
PSALMS 1:1-3 AFR53
“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
JOHANNES 10:10 AFR53
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.”
JOHANNES 14:27 AFR53
“AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.”
KOLOSSENSE 3:1-2 AFR53
“Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”
FILIPPENSE 4:8 AFR53
“Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”
II TIMÓTHEÜS 1:7 AFR53
“Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;”
III JOHANNES 1:2 AFR53