“Super” genade
Janine Forsyth
- One minute read - 195 wordsGod het almal wat Hy geskape het onvoorwaardelik lief. God is altyd goed, maar sonde het nagevolge. Christene moet deur ‘n proses van heiligmaking en groei gaan.
Mense sê hulle is Christene, maar hulle leef steeds in sonde. Jesus vergewe ons wanneer ons om vergifnis vra. Sommige mense het “gewoonte sonde”. Hulle glo hulle hoef nie te verander nie, want hulle is reeds gered. Jesus kom vir ‘n vleklose bruid. Ons moet heilig wees. Jesus het die man by die poel van Betésda genees. Die man was 38 jaar lank siek. Jesus gee ‘n waarskuwing aan die man nadat Hy hom genees het.
“Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.”
JOHANNES 5:14 AFR53
“Super” genade gaan jou nie red as jy aanhou sonde doen nie. Luister na Jesus se woorde: “Moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.” Jesus het ons duur gekoop met Sy bloed en daarom wil ons nie meer sonde doen nie. Ons het Heilige Gees ontvang om ons hiermee te help.