TEKENS EN WONDERS VOLG WANNEER JY GLO
- 3 minutes read - 488 words“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”
HANDELINGE 1:8 AFR53
As jy ‘n verskil wil maak in hierdie wêreld het jy Heilige Gees krag nodig. Jesus het God se koninkryk bevorder deur mense te genees. Wanneer ongelowiges sien hoe mense genees word, kom hulle tot bekering. Dit is die Jesus manier. Die 120 het Heilige Gees ontvang en baie wondertekens gedoen. As jy glo, kan jy dieselfde doen.
“En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.”
MARKUS 16:17-20 AFR53
Die Vader sal jou vul met Sy Gees, wanneer jy daarvoor vra.
“As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?”
LUKAS 11:13 AFR53
Die Bybel maak dit baie duidelk dat dit noodsaaklik is dat Christene krag moet hê.
“mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.”
II TIMÓTHEÜS 3:5 AFR53
“Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.”
TITUS 1:16 AFR53
“Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.”
JAKOBUS 2:26 AFR53
Baie mense glo dat Jesus steeds genees. Meeste mense dink egter dat God hulle nie daarvoor wil gebruik nie. Ek glo Jesus wil ons almal gebruik. Ons gaan nie almal bekende predikers word nie, maar almal het opdrag gekry om te bid. Begin vandag deur te bid wanneer iemand in jou gesin hoofpyn of verkoue het. Verwag dat Jesus die persoon dadelik sal genees. ‘n Eenvoudige, opregte gebed is al wat nodig is. Jesus het dikwels net genesing gespreek oor iemand. Hou aan met glo en bid. Soms voel ek amper kwaad vir die duiwel wanneer ek bid. Ander kere raak my hande vuurwarm of ek voel “elektrisiteit” deur my liggaam vloei. Ek is net ‘n gewone Christen wat glo. Jy is die tuinslang en Heilige Gees vloei soos water deur jou. Jy bid en God doen die werk. God moet verheerlik word wanneer jy genesing sien. Onthou, tekens en wonders volg diegene wat glo.