TWEE GROEPE
- 4 minutes read - 832 wordsDikwels lees ons van 2 groepe mense in die Bybel.
Adam en Eva het 2 seuns gehad, Kain en Abel. Abel se offer was aanvaarbaar vir God en Kain se offer nie. Daarom het Kain vir Abel doodgeslaan (Génesis 4, Hebreërs 11:4, 1 Johannes 3:12, Judas 1:11). Set is na Abel se dood gebore sodat Adam weer 2 seuns gehad het (Génesis 4:25).
Abraham het 2 seuns gehad, Ismael en Isak. Isak het God se belofte ontvang en Ismael moes wegtrek (Génesis 17).
Isak het 2 seuns gehad, Esau en Jakob. Esau het sy erfporsie verruil vir sop. Jakob het by Bet-El gedroom en ‘n verbond met God gesluit. Jakob het die belofte ontvang en Esau nie (Génesis 27, 28, Hebreërs 11:20, 12:16, Romeine 9:13).
Dit wat heilig is moes nie met dit wat onhelilig is vermeng word nie. In In die Ou Testament was daar selfs 2 groepe diere naamlik rein en onrein (Levítikus 11).
“Hy het dit aan vier kante gemeet; dit het 'n muur gehad al rondom; die lengte was vyfhonderd en die breedte vyfhonderd, om skeiding te maak tussen wat heilig en onheilig is.”
ESÉGIËL 42:20 AFR53
In die Ou Testament was daar reëls teen vermenging.
“Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En 'n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.”
LEVÍTIKUS 19:19 AFR53
God alleen moet aanbid word. Na die Israeliete die goue kalf aanbid het moes 3000 mans sterf (Exodus 32). Die Israeliete moes vals gode se altare afbreek (Deuteronómium 7:5-6). Die mense wat teen God was moes sterf sodat die res van die Israeliete nie ook sondig nie. Die Israeliete was weer verdeeld toe hulle die beloofde land bereik het. Josua en Kaleb het gesê dat hulle die land moet intrek. Die ander 10 verspieders wou nie. Die mans wat die slegte berig gebring het moes sterf ( Númeri 13-14). Hier was dus ‘n groep vol geloof en ‘n groep sonder geloof. God wou ook nie hê dat Sy kinders met ongelowiges moes trou nie. Koning Salomo het afgode begin aanbid nadat hy met vroue van ander nasies begin trou het (Deuteronómium 7:3-4, 1 Konings 11:1-2).
Daar sal 2 groepe mense wees, naamlik die wat Jesus aanneem en die wat Hom verstoot.
“Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.”
LUKAS 12:52-53 AFR53
“Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat. Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.”
MATTHÉÜS 24:40-41 AFR53
In Matthéüs 25 lees ons van 2 groepe vroue met lampies. Al 2 groepe het hulself skoon gehou van die sonde van die wêreld. Al 2 groepe het gewag vir die koms van die bruidegom (Jesus). Slegs 1 groep het genoeg olie gehad om te hou totdat die bruidegom kom. Olie simboliseer die teenwoordigheid van God, m.a.w. die Heilige Gees. Die Heilige Gees is die Gees van die waarheid. Jesus is die weg, die waarheid en die lewe (Johannes 14:6,17,26; 26:13). Op ons eie sal ons olie opraak, maar God se Gees gee vir ons die vermoë om aan te gaan. Ons ontvang wysheid sodat altyd voorbereid is vir die koms van die Messias. Die Heilige Gees is vir altyd by ons en het nie verdwyn aan die einde van Die Bybel nie.
Die Bybel sê dat wanneer Jesus terugkeer sal die nasies verdeel in 2 groepe (Matthéüs 25:31-46). Die skape aan Jesus se regterkant sal die ewige lewe en die koninkryk ontvang. Die bokke aan Jesus se linkerhand sal in die Hel beland wat geskep is vir satan en sy gevalle engele (demone).
Maak seker jy, jou familie, vriende en kollegas is aan Jesus se regterkant.
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.”
II KORINTHIËRS 6:14-18 AFR53