VERDEELDHEID IN PLAAS VAN EENHEID
- 3 minutes read - 524 words1 Korinthiërs 3
Paulus verduidelik dat hy met die mense van Korinthe moes praat soos ‘n mens praat met onvolwasse Christene. Paulus het voorheen vir hulle gevoed met melk - soos ‘n mens klein kindertjies voer. Hy het verwag dat hy nou vir hul gewone kos (vaste spys of geestelike vleis) kon bring. Die probleem was dat die mense nie geestelik gegroei het nie. Die mense van Korinthe het steeds uit die vlees geleef. Die mense was jaloers, het gestry, hulle was selfsugtig en het geleef soos ongelowiges. Gevolglik was daar verdeeldheid onder die mense. Een groep wou Apollos volg en ‘n ander groep wou Paulus volg. Apollos en Paulus het God se werk gedoen. Die mense van Korinthe moes Jesus volg en nie ander mense volg nie.
Daar is ‘n ernstige gebrek aan eenheid onder Christene vandag. Daar is 15 verskillende kerke binne 5 km vanaf ons huis. Christene stry en skei en selfs kerkleiers maak skandes. Wanneer ons die Skrif volg en deur die Heilige Gees gelei word behoort daar eenheid te wees.
Verdeeldheid kom
• wanneer mense deur die vlees gelei word (nie deur die Gees nie).
• waar daar jaloesie is.
• waar daar kompetisie is en mense vergelyk word met ander.
• waar mense kante kies.
• waar mense optree soos ongelowiges.
• waar mense self-gesentreerd is.
• wanneer mense gevolg word i.p.v. Jesus.
“for you are living your lives dominated by the mind-set of the flesh. Ask yourselves: Is there jealousy among you? Do you compare yourselves with others? Do you quarrel like children and end up taking sides? If so, this proves that you are living your lives centered on yourselves, dominated by the mind-set of the flesh, and behaving like unbelievers. For when you divide yourselves up in groups—a “Paul group” and an “Apollos group” —you’re acting like people without the Spirit’s influence. Who is Apollos, really? Or who is Paul? Aren’t we both just servants through whom you believed our message? Aren’t each of us doing the ministry the Lord has assigned to us? This means the one who plants is not anybody special, nor the one who waters, for God is the one who brings the supernatural growth. Now, the one who plants and the one who waters are equally important and on the same team, but each will be rewarded for his own work.”
1 Corinthians 3:3-5, 7-8 TPT
Eenheid kom wanneer elke Christen fokus op Jesus en hulle missie op Aarde. Jy het nie tyd om rond te kyk, in argumente betrokke te raak of kante te kies nie (Nehemía 6:3). Jesus het dikwels net weggestap. Die Bybel en die Heilige Gees moet jou leiding gee. Ons moet na leiers luister met onderskeidingsvermoë. Die een leier plant en die ander leier gee water, maar dit is God wat laat groei. Elkeen van ons het ‘n taak om te verrig. Ons kan leer van verskeie leiers, maar ons volg hulle nie. Ons volg Jesus. Wanneer vals profete kom in die laaste dae sal jy weet, want God se Gees is met jou. Hardloop jou wedloop met jou oë gevestig op Jesus (Hebreërs 12:1-2).