VIND RUS IN GOD
- 2 minutes read - 260 wordsHoe lank gaan jy nog terugdeins elke keer as die vyand na jou mik? Dis ‘n gedurige toutrekkery tussen jou en die vyand. Solank as wat jy beheer aan die vyand gee gaan jy moeg word. Wanneer gaan jy rus vind in die middel van die storm? Wanneer jy reageer uit ‘n posisie van rus is jy kalm en raak jy nie moeg nie. Vind rus in Hom.
“Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.”
EXODUS 14:14 AFR53
“Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”
JESAJA 40:28-31 AFR53
“As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.”
JESAJA 43:2 AFR53
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.”
JOHANNES 14:27 AFR53