Visioen
- 2 minutes read - 239 wordsEk het ‘n visioen gesien waar ‘n dogtertjie op ‘n balkon by ‘n woonstelblok staan en dan oorleun en na onder vir my ‘n geel en swart koevert gee. Dit het gelyk soos die koevert wat deelnemers in “The Amazing Race” ontvang, wanneer hulle na die volgende uitdaging aanbeweeg. Ek was bekommerd dat die dogtertjie gaan val.
Ek glo God wil vir ons leidrade vir die toekoms gee en ons moet na Bo reik om dit te ontvang. Dit is ook ‘n teken dat ‘n laaste opdrag afgehandel is en ‘n volgende nuwe seisoen met nuwe opdragte voorlê. Die feit dat ek oor die dogtertjie se veiligheid bekommerd was, was satan wat my wou mislei om te vrees i.p.v. om my oë op God te hou en doen wat reg voor my is. Met elke bevordering wat jy ontvang, of dit in jou werk, gesondheid, of ‘n beter verhouding met God is, sal satan probeer om jou van koers te gooi.
“Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.”
I PETRUS 5:6-9 AFR53