VISIOEN
- One minute read - 97 wordsGisteraand het ek ‘n visioen gehad waar ek om ‘n draai stap en skielik het ek op ‘n baie hoë rots gestaan. Ek het aan niks vasgehou nie en het net daar gestaan met die blou lug om my en dit het gelyk of ek op die hoogste deel van die berg was. Ek glo God sê baie van ons kom nou om daardie laaste draai voordat ons stewig op die Rots (Jesus) staan. Ons het niks anders nodig nie, net Jesus. Ons sal ‘n wonderlike hemelse uitkyk en insig (perspektief) hê oor wat om ons gebeur.