Visioene (23/11/2021)
- 2 minutes read - 292 wordsGod het vanmiddag vir my ‘n hele reeks visioene gewys. Die volgende is ‘n opsomming van wat Hy gesê het: Jesus moet altyd ons fondasie bly. God is besig om ‘n nuwe ding te doen en dis tyd dat ons ophou vasklou aan dinge uit die verlede.
“Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.”
JESAJA 43:18-19 AFR53
As jy ‘n kampioen wil wees moet jy luister na God. Jy moet vry van sonde wees om Sy heerlikheid te sien en ervaar. Die Heilige Gees bring sagkuns korreksie en dis nou baie belangrik om daaraan te werk. Jy sal jou identiteit vind wanneer jou oë op Jesus is. Jy sal dan die outoriteit ontvang om jou lewensdoel suksesvol uit te leef. Vroue wat tot dusver weggekruip het en toeskouers was, God roep jou om op te staan. God het nog meer planne vir jou lewe (Joël 2:28-29).
“HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.”
PSALMS 91:1-2 AFR53
Dis in jou stil word voor God (secret place) waar jy meer openbaring sal kry oor jou toekoms (Jes 30:15).
“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”
MATTHÉÜS 6:6 AFR53
Ons vind ons identiteit deur ons oë op God te plaas.