VISIOEN OOR MAN WAT UIT KERK STAP
- 2 minutes read - 313 wordsDie man het ‘n liggrys pak klere aangehad. Sy gesig was vol grimering en hy het pikswart regopstaande (spikey) hare gehad. Ek neem aan sy hare was vol haargel en sy hare is moontlik gekleur. Die man het met trappe afgestap uit die kerkgebou uit.
Normaal weg sal niks anders as die grimering my pla nie, maar ek het na die simboliek van alles gekyk, want God wou duidelik iets vir my sê. Grys is ‘n mengsel van swart (demonies of sleg) en wit (suiwer, skoon of goed). Dit kan ook dubbelhartigheid aandui.
Die kerk (Christene, liggaam van Christus) moet weet wat reg en verkeerd wees. Die Bybel en die Heilige Gees moet ons in die waarheid lei. Ek glo God sê dis tyd vir dubbelhartigheid om die kerk te verlaat.
‘n Pak klere word gewoonlik in die besigheidswêreld gedra en die kerk moet uit verhouding en intimiteit met God funksioneer. Die kerk is nie ‘n besigheid nie.
Grimering kan skynheiligheid, oppervlakkigheid of selfs ‘n vals profeet voorstel. Ek glo God sê dat die liggaam ons identiteit in God gaan vind en nie nodig gaan hê om voor te gee dat ons heilig is nie. Elke persoon gaan sy roeping en posisie in God vind.
Ek glo in hierdie geval stel die hare ydelheid en self-verheerliking voor en dit sal ook die kerk verlaat. Alles sal oor Jesus gaan.
Om met trappe af te stap beteken gewoonlik om weg te beweeg van God. Ek glo die persoon het die negatiewe kwaliteite voorgestel, wat die kerk gaan verlaat.
Ek glo die liggaam is besig met ‘n skoonmaak proses sodat ons heiligheid terug in die kerk kan kry. Ons sal die werking van die Gees sien en mense sal tot bekering kom, genees word en selfs duiwels sal uitgedryf word. Jesus moet die hoof van die kerk wees en nie die pastoor of musikante nie.