VREEMDE ERVARINGS
- 2 minutes read - 349 wordsEk het dit altyd vreemd gevind dat mense soms omval wanneer hulle God se Gees ervaar. Dit het verander toe ek ontdek dat die priesters in die Ou Testament reeds omgeval het (2 Kronieke 5). Met die inwyding van die tempel het ‘n groep God geloof en prys. Daar was o.a. 120 priesters wat op trompette geblaas het. Die musikante en sangers het “eenstemmig” God geloof en geprys. Soos hulle God vereer het, het ‘n wolk die tempel gevul en kon die priesters nie regop bly om hulle take te verrig nie. Die insident herinner my aan die uitstorting van die Heilige Gees waar 120 mense “eendragtig” saam was (Handelinge 1:15, 2:1-13). Hier het die mense meer vreemde ervarings gesien. Vlamme vuur was sigbaar en vreemde tale is gepraat. God daag op wanneer mense saamwerk - Mark 3:25, Matt 12:25.
Meer vreemde insidente:
• God het met Moses uit ‘n brandende bos gepraat - Exodus 3.
• Vir 40 dae lank het ‘n wolk die berg bedek waar Moses in God se teenwoordigheid was - Exodus 24.
• Henog en Elía het nie gesterf nie, maar is weggeraap na die Hemel - Hebreërs 11:5, 2 Konings 2:11.
• Kontak met Elísa se dooie liggaam wek ‘n dooie man op uit die dood - 2 Konings 13:21.
• Met Jesus se doop het die Hemel geopen en het God se Gees soos ‘n duif op Hom neergedaal. God se stem het aangekondig dat Jesus Sy Seun is - Matthéüs 2:13-17.
• ‘n Hand het verskyn en ‘n boodskap teen die muur geskryf - Daniël 5.
• Filippus is bo-natuurlik vervoer van 1 plek na ‘n ander plek - Handelinge 8. (Transportation)
• Jesus word verheerlik op die berg en Moses en Elía verskyn - Matthéüs 17.
• Paulus, Johannes, Eségiël, Jesaja het die Hemel gesien. (Translation)
Daar is nog baie meer vreemde insidente in die Bybel. Wanneer jy vandag hoor van mense se vreemde ervarings weet asseblief dit het reeds in die Bybel gebeur. Dit Is van God en ek glo ons gaan baie meer hiervan sien in die toekoms.