Vrugbare lewens
- 2 minutes read - 297 words2 Petrus 1
Ons het reeds alles ontvang wat ons benodig om ‘n vrugbare lewe te hê.
“IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,
waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”
II PETRUS 1:3-4 AFR53
Ons het alles ontvang, maar moet seker maak ons het:
1. Geloof
2. Goedheid/deug/integriteit/goeie morele waardes/eerlikheid
3. Kennis
4. Selfbeheersing
5. Lydsaamheid/geduld/uithouvermoë
6. Godsvrug
7. Broederliefde
8. Naasteliefde/liefdadigheid
Ons geloof groei deur die Woord te hoor of te lees.
“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.”
ROMEINE 10:17 AFR53
Kennis alleen is nutteloos. Ons moet die Woord verstaan en toepas. Kyk waar kan jy help in jou gemeenskap. Elkeen se situasie is uniek. Hoe kan jy naasteliefde betoon?
“Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.”
JAKOBUS 2:26 AFR53
Al hierdie dinge verseker dat jy godsvrug dra. Sonder hierdie dinge is ons blind en kortsigtig.
“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.”
II PETRUS 1:10-11 AFR53
Ons moenie gelukkig wees met net ons bekering nie. Ons moet geestelik groei, godsvrug dra en ons roeping vind en uitleef. Ons goddelike natuur
moet sigbaar word en ‘n impak hê in die donker, verlore wêreld om ons.