WAAR IS ONS NOU?
- 2 minutes read - 376 wordsDie sataniese plan was om met die siekte tyd te wen en ons in die eindtyd (tribulasie) in te neem. Die plan was om ‘n derde van die mense dood te maak. Hitler het dieselfde probeer met die Tweede wêreldoorlog. God wil vir almal ‘n kans om Jesus te leer ken en daarom moet alles op Sy tyd gebeur.
“Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”
II PETRUS 3:9 AFR53
Die plan was om die tyd waar God se heerlikheid op die Aarde uitgestort word en mense in groot getalle tot bekering kom, te probeer stop. So wanneer almal na 2 jaar begin wakker skrik gaan hulle na hulle volgende plan. Jare lank hoor ons daar gaan ‘n tyd kom waar die Beer gaan aanval. Die Beer word uitgelok en wanneer hy dan aanval is dit volgens hulle die Derde wêreldoorlog. Wanneer jy ‘n beer uitlos verminder die kanse dat hy jou gaan aanval. Irriteer hom en kyk wat gebeur. Baie minder mense vrees nou die siekte en mandate is besig om te verdwyn. Nou gebruik hulle ‘n nuwe taktiek om mense bang te kry. God is lief vir elke mens wat Hy geskape het en wil hê almal moet tot bekering kom. Dit is ongelukkig so dat die land wat aangeval word nie so leliewit is nie. Dit is ‘n mensehandel “hotspot” en baie van die prominente euwel mense het daar aandele. Soveel onskuldige mense se lewens word verwoes. Bid vir al die Christene (en almal wat nog Christene moet word) in die 2 lande. Dis nou ‘n tyd om geestelik wakker te wees. Moenie alles glo wat die nuus aan jou opdis nie. Landsleiers, die euwel elite, dokters en die media kan jou nie mislei wanneer die Heilige Gees jou lei nie. Ons beleef ‘n Jesaja 60 oomblik waar dit donker word om ons, maar God se lig skyn al helderder deur Sy kinders. Daar is oral stories van God wat na Sy kinders omsien en mense wat tot bekering kom. Bid vir almal, bly naby Jesus en hou aan om jou roeping uit te leef.