WAAROP LEUN JY?
- 2 minutes read - 399 wordsLees Jesaja 3-4
“WANT kyk, die Here Here van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,”
JESAJA 3:1 AFR53
As alles wat jou sekuriteit gee verdwyn sal jy weet waarop jy regtig leun.
Jesaja het profeteer dat mense iemand met ‘n mantel (profeet/leier) sal soek, maar niemand sal geskik wees nie.
“As 'n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het 'n kleed (mantel), jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees — dan sal hy in dié dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed (mantel) nie; maak my nie 'n owerste van die volke nie.”
JESAJA 3:6-7 AFR53
Mense met ‘n mantel is geneig om ons aan te trek. Wat sal gebeur as daar geen mens met ‘n mantel gevind word nie? Jesaja praat dan verder oor die dogters van Sion wat vol uiterlike vertoon is, maar hul skedels is skurf en hulle sonde sal ontbloot word. Die dogters van Sion is die bruid en sluit mans en vroue in. Ons het so baie goed wat ons besig hou, maar wat diep binne in ons hart aangaan is al wat van belang is. Hoe lyk jy as al die versiersels (“window dressing”) weg is?- Jesaja 3:18-26
“EN in dié dag sal sewe vroue (bruid of kerk) een man (Jesus) aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg. In dié dag sal die Spruit van die Here wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel.”
JESAJA 4:1-2 AFR53
Het jy nodig om alles te verloor voordat jy sal sien dat jy net Jesus nodig het? Plaas jy jou sekuriteit in ander mense, jou werk of salaris? Jesus is ons enigste steunpilaar. Leun net op Hom.
“Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;”
PSALMS 37:3-5 AFR53