Wanneer jy jou in ‘n obstruksie vasloop kyk boontoe en vorentoe
- One minute read - 205 wordsLukas 5:17-26
Lukas 19:1-10
Ons lees van 2 gevalle waar daar ‘n groot skare was en mense ‘n plan moes beraam om by Jesus uit te kom. Die groot skare was ‘n obstruksie. Dit was waarskynlik ook magte en owerstes van die duisternis wat wou verhoed dat die verlamde man en Saggúës by Jesus uitkom.
Die vriende van die verlamde man het opgekyk en besluit om die man deur die dak te laat sak tot by Jesus. Jesus het hom dadelik genees.
Saggúës was kort en moes ‘n plan maak om Jesus te sien. Hy het vooruit gehardloop en in ‘n boom geklim sodat hy Jesus kon sien. Jesus het Homself uitgenooi om by Saggúës te gaan bly en Saggúës het tot bekering gekom.
So wanneer jy in ‘n obstruksie vasloop kyk eerstens boontoe en vorentoe. Dinge lyk ook altyd beter as ons van bo afkyk daarna. Dis nie nou tyd om aan die verlede te dink nie. Vra vir Heilige Gees insig en wysheid hoe om die obstruksie te hanteer.
“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.”
JAKOBUS 1:5 AFR53