WEERSTAAN VERSOEKING
Janine Forsyth
- 4 minutes read - 709 wordsVersoeking kom nooit van God nie; dit kom altyd vanaf die vyand. Die vyand plaas ‘n begeerte in ‘n mens se gedagtes. Dan het ons ‘n keuse of ons dit gaan weerstaan of nie.
“AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.”
JAKOBUS 1:2-4, 12-14 AFR53
Toe Jesus deur die duiwel versoek is het Hy Sy geestelike swaard - Die Woord - gebruik om Homself te verdedig. Jesus het die inhoud van die Ou Testament se boekrolle geken.
“En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”
MATTHÉÜS 4:2-4 AFR53
“En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.”
DEUTERONÓMIUM 8:3 AFR53
“Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie. Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.”
MATTHÉÜS 4:5-7 AFR53
“want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.”
PSALMS 91:11-12 AFR53
“Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.”
MATTHÉÜS 4:8-11 AFR53
“Jy moet die Here jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer. Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie — want die Here jou God is 'n jaloerse God by jou — sodat die toorn van die Here jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie. Julle mag die Here julle God nie versoek soos julle Hom by Massa versoek het nie.”
DEUTERONÓMIUM 6:13-16 AFR53
Die duiwel het vir Jesus 3 maal versoek en Jesus het elke keer ‘n vers gehad om hom te stop. Ons moet die Woord ken en kan dit as wapen teen die vyand gebruik. Die duiwel het Jesus laat staan toe hy besef Jesus gaan Hom nie laat versoek nie. Die vyand sal vlug wanneer jy sy versoeking weerstaan.
“En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —”
EFÉSIËRS 6:17 AFR53
“Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”
JAKOBUS 4:7 AFR53