Wie kan “die woord van die Here” hoor?
Janine Forsyth
- 3 minutes read - 605 wordsAbram het “die woord van die Here” gehoor en met God gekommunikeer.
“NÁ hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot. Toe vra Abram: Here Here, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Toe kom die woord van die Here tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.”
GÉNESIS 15:1-6 AFR53
Jesaja het “die woord van die Here” gehoor en ‘n waarskuwing aan Juda gebring: God het hul leë offergawes gehaat en as hulle harte nie tot inkeer sou kom nie sou daar ernstige nagevolge wees - Jesaja 1.
“Hoor die woord van die Here, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!”
JESAJA 1:10 AFR53
Jona het die woord van die Here ontvang om die mense van Ninevé te waarsku.
“EN die woord van die Here het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê: Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.”
JONA 1:1-2 AFR53
Petrus het “die woord van die Here” onthou, na Jesus opgevaar het na die Hemel toe.
“En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.”
LUKAS 22:61 AFR53
“En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.”
HANDELINGE 11:16 AFR53
“En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en 'n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.”
HANDELINGE 6:7 AFR53
Petrus, die dissipels en Jesus se familie, vriende en vyande het Jesus gesien en kon fisies Sy woorde hoor. Paulus het Jesus se woorde gehoor nadat Jesus reeds opgevaar het. Paulus het in ‘n visioen vir Jesus ontmoet. “Die woord van die Here” is versprei deur Paulus en ander apostels.
“Maar die woord van God het gegroei en toegeneem.”
HANDELINGE 12:24 AFR53
“En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.”
HANDELINGE 16:32 AFR53
“So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.”
HANDELINGE 19:20 AFR53
“Die woord van die Here” het tot Abram en Jesaja gekom in die Ou Testament. Baie het fisies “die woord van die Here” aangehoor toe Jesus op aarde was. Paulus het “die woord van die Here” gehoor nadat Jesus reeds opgevaar het. Jy kan vandag steeds “die woord van die Here” hoor. God praat deur die Bybel, fisiese woorde, woorde wat jy in jou gees hoor, drome, visioene, deur diere (Bileam en die donkie - Numeri 22) en nog baie meer maniere.