WORD STERK IN DIE GEES
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 258 wordsDie mens bestaan uit liggaam, siel en gees. Jou liggaam bly gewoonlik agter (behalwe Jesus, Elía en Henog) wanneer jy sterf terwyl jou siel jou liggaam verlaat. Die mens se gees is gemaak om deur Heilige Gees gelei te word. Baie mense word egter deur hulle eie vlees of ‘n verkeerde gees, gelei. Die mens se liggaam word gevoer en jou ouers maak seker dat jy genoeg van die regte kos inkry om mooi te groei en gesond te wees. Die liggaam is net tydelik en baie meer aandag behoort aan die gees gegee te word.
Jesus het sterk geword in die Gees.
“En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.”
LUKAS 2:40 AFR53
“'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.”
SPREUKE 25:28 AFR53
Proverbs 25:28 MEV
He who has no rule over his own spirit is like a city that is broken down and without walls.
Inhou - “control” - Strong’s H4626: “matsar” - “control, rule, restraint, distress, siege”
‘n Mens wat sy gees nie kan beheer nie is soos ‘n stad sonder mure. Die vyand kan inkom en alles oorneem. Dit is onveilig en jy sal ‘n gevangene van die vyand word of jy kan selfs jou lewe verloor.
Jou perfekte, gesonde liggaam kan nie vir jou die ewige lewe gee nie. Jou gees bepaal waar jy die ewigheid sal spandeer. Dit is nodig dat ons sterk word in die Gees.