WYSE MANNE/WISE MEN
- 23 minutes read - 4710 wordsWYSE MANNE
Ek dink altyd aan die wyse manne as raadgewers en sterrekykers. Kom ons kyk wat sê die Bybel.
Wyse manne: Ou Testament Strong’s H2450 - vol wysheid, “skilled” - die vermoë om take suksesvol te verrig, “sage” - iemand wat profesië kon verstaan, kon ander onderrig
Strong’s Nuwe Testament G3097 - “Magi” - towenaar
Nave’s Topical Bible Reference System: Astroloë/sterrewiggelaars uit die Ooste
Die farao’s het wyse manne en towenaars geraadpleeg. Josef, Moses en Aäron kon met God se hulp meer doen as wat die wyse manne en towenaars kon doen. Josef was tweede in bevel in Egipte en was welvarend en invloedryk.
“Dié môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie. En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao 'n gunstige antwoord gee. Laat Farao dan nou uitkyk na 'n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland. Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is? En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie. Verder het Farao vir Josef gesê: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland. Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pas op! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel.”
GÉNESIS 41:8, 16, 33, 38-39, 41-43 AFR53
“Daarop laat Farao óók die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste: elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar Aäron se staf het hulle stawwe verslind.”
EXODUS 7:11-12 AFR53
Moses het wyse en verstandige manne aangestel oor die 12 stamme van Israel.
“Hoe sou ek die moeilikheid en die las en die regsake van julle alleen kan dra? Bring tog wyse en verstandige en ervare manne aan volgens julle stamme, dat ek hulle as julle hoofde kan aanstel. Hierop het julle my geantwoord en gesê: Die woord wat u gespreek het, is goed om uit te voer. Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en opsigters volgens julle stamme.”
DEUTERONÓMIUM 1:12-15 AFR53
God het vir Salomo meer wysheid gegee as wat die wyse manne van die Ooste gehad het. Ongelukkig het Salomo sy wysheid misbruik en skatte en vroue versamel.
“EN God het aan Salomo wysheid gegee en 'n baie groot verstand en 'n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê, sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte. En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.”
I KONINGS 4:29-30, 34 AFR53
Koning Ahasvéros het oor 27 provinsies van Indië tot by Kus (Ethiopië) regeer. Sy vrou Vasti wou nie voor hom verskyn nie en die koning het sy wyse manne genader vir raad. Die 7 wyse manne was vorste en was waarskynlik skatryk. Die KJV Bybel gebruik die woord prinse en nie vorste nie.
“Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaars aan haar oorgebring. Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam. En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê — want só word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê; en die naaste aan hom was: Karséna, Setar, Admáta, Tarsis, Meres, Marséna, Memúgan, die sewe vorste van die Perse en Meders wat die aangesig van die koning gesien het, wat vooraan gesit het in die koninkryk —”
ESTER 1:12-14 AFR53
Na Vasti se ballingskap het Ahasvéros met Ester getrou. Haman wou al die Jode uitroei en het ‘n galg laat maak om Ester se oom Mórdegai tereg te stel. Die koning het Mórdegai vereer en Haman het raad by die wyse manne gekry.
“En Haman het aan sy vrou Seres en al sy vriende vertel alles wat hom oorgekom het. Toe sê sy wyse manne en sy vrou Seres vir hom: As Mórdegai voor wie jy alreeds begin val het, uit die geslag van die Jode is, sal jy niks teen hom kan uitrig nie, maar heeltemal voor hom val.”
ESTER 6:13 AFR53
Job beskryf vorste/prinse as mense wat goud besit en hul huise met silwer vul.
“Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het, saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself; of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.”
JOB 3:13-15 AFR53
God het Babel se wyse manne en vorste veroordeel, want hulle het God se kinders onderdruk - Jeremia 50:32-38.
“En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, sy goewerneurs en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal slaap 'n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam is Here van die leërskare.”
JEREMIA 51:57 AFR53
Tirus, die suksesvolle hawestad, het ook wyse manne gehad. Hulle was stuurmanne en het skepe herstel - Eségiël 27:8-9. Hierdie besigheids manne het o.a. met slawe handel gedryf - Eségiël 27:13. In Eségiël 28 lees ons dat die vors/prins van Tirus niemand anders as satan self was nie. Satan staan aan die hoof van alles wat oneerlik en immoreel is.
Daniël, Sadrag, Mesag en Abednégo was Hebreeuse wyse manne in Babel. Daniël was hoof oor die wyse manne in Nebukadnésar se koninkryk. Hierdie 4 manne het ware wysheid openbaar om God te gehoorsaam i.p.v. die koning. Daniël kon met God se hulp die koning se droom verstaan en het sodoende die lewens van al die wyse manne in Babel gespaar. Later het Koning Bélsasar vir Daniël derde in rang in sy koninkryk gemaak omdat hy die koning se droom kon uitlê - Daniël 5.
“En hierdie vier jong seuns — God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome. En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnésar gebring. En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Hanánja , Mísael en Asárja nie. So het hulle dan voor die koning gedien. En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het. En Daniël was daar tot die eerste jaar van koning Kores.”
DANIËL 1:17-21 AFR53
“Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne. Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom. Toe het die koning Daniël verhef en hom baie, groot geskenke gegee en hom aangestel as heerser oor die hele provinsie Babel en as hoofowerste oor al die wyse manne van Babel.”
DANIËL 2:20-22, 48 AFR53
Obádja het ‘n visioen gesien waar die wysemanne van Edom (Esau se nageslag) vernietig word. Die Edomiete het met genot toegekyk hoe Juda swaarkry. Antisemitisme was honderde jare voor Christus reeds ‘n probleem.
“Sal Ek nie in dié dag, spreek die Here, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau? En jou helde sal verskrik wees, o Teman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word. Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig. Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring en die lot oor Jerusalem gewerp het — toe was jy ook soos een van hulle! En tog moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie!”
OBÁDJA 1:8-12 AFR53
“EN toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.”
MATTHÉÜS 2:1-2 AFR53
Die wyse manne was definitief nie armsalige palmlesers nie. Die wyse manne was waarskynlik skatryk prinse. Hulle het die ster met Jesus se geboorte gesien en eers na Sy geboorte Hom in ‘n huis in Bethlehem gevind - Matthéüs 2:1-18. Hulle het ‘n afstand van ongeveer 900km met hulle kamele afgelê om hulde aan die Koning van die Jode te bring. Hulle het duursame goud, wierook en mirre as geskenke gebring. Ons weet nie hoeveel wyse manne daar was nie. Herodes en die hele Jerusalem was ontsteld oor die koms van die wyse manne. Herodes was bang dat ‘n nuwe koning sou kom en het al die seuntjies van 2 jaar en jonger laat vermoor. Die Bybel sê hulle het ‘n kindjie gevind wat beteken dat Jesus nie meer ‘n baba was nie. Sommige skrywers dink die hele Jerusalem was bevrees omdat daar ‘n groot aantal invloedryke wyse manne was.
Ek wou meer uitvind oor die wyse manne wat Jesus besoek het. In die proses het ek net weer besef dat ware wysheid deur die Heilige Gees kom. Wysheid is om God te ken en Hom te dien. Daar het Een (Jesus) na Salomo gekom wat meer wysheid gehad het. Die wêreld se wysheid en kennis is slegs tydelik. Om Jesus te ken en die Heilige Gees se leiding te volg maak van jou ‘n wyse man (of vrou).
“Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en — meer as Salomo is hier!”
MATTHÉÜS 12:42 AFR53
“Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee. En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees. Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.”
PREDIKER 12:11-14 AFR53
“daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.”
JESAJA 29:14 AFR53
“Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.”
“Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.”
JEREMIA 10:7,12 AFR53
“Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.”
SPREUKE 9:10 AFR53
“Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,”
MATTHÉÜS 23:34 AFR53
“In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.”
LUKAS 10:21 AFR53
“Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie? Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;”
I KORINTHIËRS 1:20, 26-27 AFR53
“Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is. Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle; of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle; maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.”
I KORINTHIËRS 3:18-23 AFR53
“Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê:”
I KORINTHIËRS 10:15 AFR53
“En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.”
I KORINTHIËRS 13:2 AFR53
“Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;”
EFÉSIËRS 5:15 AFR53
WISE MEN
I always see the wise men as advisers and stargazers. Let’s see what the Bible teaches us about the wise men.
Wise man: Old Testament Strong’s H2450 - full of wisdom, skilled, sage - they could understand prophecy and teach other people
Strong’s New Testament G3097 - Magi - magician
Nave’s Topical Bible Reference System: Astrologers from the East
The pharaos consulted wise men and magicians. Joseph, Moses and Aaron could do much more with God’s help than the wise men or the magicians. Joseph was second in command in Egypt and he was prosperous and influential.
Genesis 41:8,16,33,38-39,41-43 MEV
In the morning his spirit was troubled, and he sent and called for all the magicians of Egypt and all its wise men. Pharaoh told them his dreams, but there was no one who could interpret them to Pharaoh. [16] Joseph answered Pharaoh, saying, "It is not in me. God will give Pharaoh a favorable answer." [33] "Now, therefore, let Pharaoh seek out a man who is discerning and wise and set him over the land of Egypt. [38] Pharaoh said to his servants, "Can we find anyone like this man, in whom is the Spirit of God?" [39] And Pharaoh said to Joseph, "Since God has shown you all this, there is no one as discerning and wise as you. [41] Then Pharaoh said to Joseph, "See, I have set you over all the land of Egypt." [42] Pharaoh took off his ring from his hand and put it on Joseph's hand and arrayed him in clothes of fine linen and put a gold chain around his neck. [43] Then he had him ride in the second chariot which was his, and they cried out before him, "Bow the knee!" So he set him over all the land of Egypt.
Exodus 7:11-12 MEV
Then Pharaoh also called the wise men and the sorcerers. Then the magicians of Egypt likewise performed with their secret arts. [12] For every man threw down his rod, and they became serpents. But Aaron's rod swallowed up their rods.
Moses appointed wise and discerning men as leaders over the 12 tribes of Israel.
Deuteronomy 1:12-15 MEV
How can I myself bear your load and your burden and your strife? [13] Choose wise, discerning, and knowing men, among your tribes, and I will appoint them as leaders over you." [14] You answered me, and said, "The thing which you have said is good for us to do." [15] So I took the leaders of your tribes, wise and well-known men, and appointed them as leaders over you, leaders over thousands, and leaders over hundreds, and leaders over fifties, and leaders over tens, and officers among your tribes.
God blessed Solomon with more wisdom than the wise men from the East. Unfortunately, Solomon abused his wisdom and started collecting treasures and women.
1 Kings 4:29-30 MEV
God gave Solomon wisdom and great depth of understanding as well as compassion, as vast as the sand on the seashore. [30] Solomon's wisdom excelled the wisdom of all the people of the East country and all the wisdom of Egypt.
Kings Xerxes/Ahasuerus ruled over 27 provinces from India to Cush (Ethiopia). His wife Vashti refused to obey him and he had to consult his wise men. His 7 wise men were princes and were probably very rich.
Esther 1:12-14 MEV
But Queen Vashti refused to come at the king's command delivered by his eunuchs. Therefore, the king grew very angry, and his wrath burned within him. [13] Then the king spoke to the wise men, who understood the times (for in this way the king would speak before all who understood law and judgment). [14] Those nearest him were Karshena, Shethar, Admatha, Tarshish, Meres, Marsena, and Memukan. They were the seven princes of Persia and Media and the king's closest confidants who met with the king and held the highest rank in the kingdom.
King Xerxes married Esther after Vashti’s exile. Haman wanted to kill all the Jews and had gallows prepared to kill Mordecai. Instead Xerxes honoured Mordecai and Haman had to consult his wise men.
Esther 6:13 KJV
And Haman told Zeresh his wife and all his friends every thing that had befallen him. Then said his wise men and Zeresh his wife unto him, If Mordecai be of the seed of the Jews, before whom thou hast begun to fall, thou shalt not prevail against him, but shalt surely fall before him.
Job described princes as people that had gold and they filled their houses with silver.
Job 3:13-15 MEV
For now I would be lying down and would be at peace; I would have slept; then there would be rest for me, [14] with kings and counselors of the earth, who built ruins for themselves, [15] or with princes who had gold, who filled their houses with silver.
God judged the wise men and princes of Babylon since they oppressed Israel and Judah - Jeremiah 50:32-38.
Jeremiah 51:57 MEV
I will make her officials drunk, and her wise men, her captains, and her rulers, and her mighty men; and they will sleep a perpetual sleep, and not awake, says the King whose name is the LORD of Hosts.
Tyre, the prosperous coastal city, also had wise men. They were sailors and repaired the ships - Ezekiel 27:8-9. These men were also involved in the slave trade - Ezekiel 27:13. Ezekiel 28 clearly states that satan was the prince of Tyre. Satan is the head of everything dishonest, illegal and immoral.
Daniel, Shadrach, Meshach and Abednego were Hebrew wise men in Babylon. Daniel was placed in charge of all the wise men in Nebuchadnezzar’s kingdom. These 4 men showed true wisdom by following God rather than the king. Daniel received wisdom from God to know and interpret the king’s dream and in the process saved the lives of all the wise men in Babylon. Later King Belshazzar promoted Daniel to the third ruler in his kingdom - Daniel 5.
Daniel 1:17-21 MEV
As for these four youths, God gave them knowledge and skill in every branch of learning and wisdom. And Daniel had understanding in all kinds of visions and dreams. [18] Now at the end of the days that the king had set for them to be brought in, the master of the officials brought them in before Nebuchadnezzar. [19] The king spoke with them, and, among them all, none was found like Daniel, Hananiah, Mishael, and Azariah. Therefore they served before the king. [20] In all matters of wisdom and understanding which the king inquired of them, he found them ten times better than all the magicians and astrologers that were in all his realm. [21] Daniel continued even to the first year of King Cyrus.
Daniel 2:20-22,48 MEV
Daniel answered and said: "Blessed be the name of God forever and ever, for wisdom and might are His. [21] It is He who changes the times and the seasons; He removes kings and sets up kings; He gives wisdom to the wise and knowledge to those who know understanding. [22] He reveals the deep and secret things; He knows what is in the darkness, and the light dwells with Him. [48] Then the king advanced Daniel and gave him many great gifts, and made him ruler over the whole province of Babylon and chief of the governors over all the wise men of Babylon.
Obadiah had a vision concerning the wise men of Edom (Esau’s descendants). He saw the wise men being destroyed since they allowed
the misfortune of Jacob and rejoiced about it. Antisemitism was already a problem back then.
Obadiah 1:8-12 MEV
On that day, says the LORD, I will destroy the wise out of Edom, and understanding out of Mount Esau. [9] Your mighty men shall be shattered, O Teman, so that everyone from Mount Esau will be cut off. [10] For the slaughter and the violence done to your brother Jacob, shame shall cover you, and you shall be cut off forever. [11] On the day that you stood aside, on the day that strangers carried off his wealth, and foreigners entered his gates and cast lots on Jerusalem, you also were like one of them. [12] But you should not have gloated on the day of your brother, on the day of his misfortune; you should not have rejoiced over the children of Judah on the day of their destruction; you should not have boasted on the day of distress.
Matthew 2:1-2 MEV
Now after Jesus was born in Bethlehem of Judea in the days of Herod the king, wise men came from the east to Jerusalem, [2] saying, "Where is He who was born King of the Jews? For we have seen His star in the east and have come to worship Him."
The wise men weren’t poor palm readers; they were more likely very rich princes. They saw a star in the east with Jesus’ birth. They traveled by camel for approximately 900 km to Bethlehem to honour the King of the Jews. They found the child in a house in Bethlehem- Matthew 2:1-12. They brought expensive gifts of gold, frankincense and myrrh. We don’t know how many wise men came, but Herod and the whole of Jerusalem were upset. Herod was afraid he would be replaced as king and had every boy of 2 years and younger killed. Some writers believe that the large number of visiting wise men made the people of Jerusalem afraid.
I started this study to learn more about the wise men that came to see Jesus. Instead I was reminded that true wisdom comes from Holy Spirit. Wisdom is to know and serve God. One (Jesus) came after Solomon that had more wisdom. Wordly wisdom and knowledge is only temporary. To know Jesus and be led by the Spirit will make you wise.
Matthew 12:42 MEV
The Queen of the South will rise up at the judgment with this generation and will condemn it, for she came from the ends of the earth to hear the wisdom of Solomon. And now One greater than Solomon is here.
Ecclesiastes 12:11-14 MEV
The words of the wise are like goads, and the collected sayings are like firmly embedded nails, given by one shepherd. [12] My son, beware of anything beyond these. Of making many books there is no end, and much study is a weariness to the flesh. [13] Now all has been heard. Let us hear the conclusion of the matter: Fear God and keep His commandments, for this is the whole duty of man. [14] For God will bring every deed into judgment, including every secret thing, whether good or evil.
Isaiah 29:14 MEV
therefore I will once again do a marvelous work among this people, even a marvelous work and a wonder; for the wisdom of their wise men shall perish, and the understanding of their prudent men shall be hidden.
Jeremiah 10:7,12 MEV
Who would not fear You, O King of the nations? Indeed, it is Your due. For among all the wise men of the nations, and in all their kingdoms, there is no one like You. [12] He has made the earth by His power. He has established the world by His wisdom and has stretched out the heavens by His discretion.
Proverbs 9:10 MEV
The fear of the LORD is the beginning of wisdom, and the knowledge of the Holy One is understanding.
Matthew 23:34 MEV
Therefore I send you prophets, and wise men, and scribes. Some of them you will kill and crucify, and some you will scourge in your synagogues and persecute them from city to city,
Luke 10:21 MEV
At that time Jesus rejoiced in the Holy Spirit and said, "I thank You, O Father, Lord of heaven and earth, because You have hidden these things from the wise and intelligent and revealed them to infants. Yes, Father, for it was Your good pleasure.
1 Corinthians 1:20,26-27 MEV
Where is the wise? Where is the scribe? Where is the debater of this age? Has God not made the wisdom of this world foolish? [26] For observe your calling, brothers. Among you, not many wise men according to the flesh, not many mighty men, and not many noble men were called. [27] But God has chosen the foolish things of the world to confound the wise. God has chosen the weak things of the world to confound the things which are mighty.
1 Corinthians 3:18-23 MEV
Let no one deceive himself. If anyone among you seems to be wise in this world, let him become a fool that he may be wise. [19] For the wisdom of this world is foolishness with God. For it is written, "He catches the wise in their own craftiness," [20] and again, "The Lord knows the thoughts of the wise, that they are vain." [21] Therefore let no one boast in men. For all things are yours: [22] whether Paul or Apollos or Cephas or the world or life or death or things present or things to come, all are yours, [23] and you are Christ's, and Christ is God's.
1 Corinthians 10:15 MEV
I speak as to wise men. Judge for yourselves what I say.
1 Corinthians 13:2 MEV
If I have the gift of prophecy, and understand all mysteries and all knowledge, and if I have all faith, so that I could remove mountains, and have not love, I am nothing.
Ephesians 5:15 MEV
See then that you walk carefully, not as fools, but as wise men,